mense met `n ongelooflike lus vir die lewe. Die kragwoorde word eerder as
byvoeglike naamwoorde ingespan om aan hul passie vir dit onder hande uiting
te gee. Om dit as lelik of sleg te tipeer, is weereens `n geval van die
hoek wat jy kies om daarna te kyk. Ek self gebruik baie kragwoorde, wat
ander as vloekwoorde wil sien, en dis hul keuse. As iemand daardeur
ongemaklik gestem word, is hy na my mening taamlik deur inhibisies
gekniehalter of hy glo waarlik dat dit onwelvoeglik is. Toe my eersteling,
ene Anoesjka, so drie jaar oud was, het my ma my aangespreek omdat ek dan
voor die kind lelik praat. Ek het aan haar ges dat ek net hierdie wreld
het om my kinders in groot te maak, en nie die illusie van `n hemelse
paradys nie.
